Home | Site Index | Contact | About | Legal | Links

Meanwhile # 1 | October 2003
Cover | Index | Edit Note | Articles | Illustrations

Previous Page | Next Page

Roadtrip 1

Dit is nie elke dag dat 'n man se droomjob van hom af weggeruk word nie.

Drie ("OK, OK, - vier of vyf,") dissiplinêre verhoortjies vanweë "oormatige agressie en kort humeur" en Sakkie se job as senior gewapende sekuriteitswag was iets van die verlede. Die grootste klap in die gesig was die kort verslaggie van die resident psychiatrist wat deurUnbelievably Efficient Security Services op sy persoonlike lêer geplaas is, ‘n kopie waarvan saam met sy afdankingsbrief aan hom gefaks is by sy ma se huis, waar hy sedert sy skorsing gebly het.

"Hiermee my aanbevelings……bla bla bla bla……oorontwikkelde voorliefde vir geweld…bla bla bla…kort humeur……bla bla bla……nieteenstaande sy sin vir veranwoordelikheid en pligsbesef...bla bla bla…..dus aanbeveel dat hy uit diens ontslaan word, en daar op sy permanente rekord gemeld word dat enige toekomstige werkgewer kennis behoort te neem van hierdie verslag alvorens die individu aangestel word in enige posisie of hoedanigheid wat vrye toegang tot vuurwapens tot gevolg mag hê”.

"Hahaha, my fok!" dink Sakkie terwyl hy laggend 'n deuntjie fluit, en sy finger liggies tik teen sy nine mil se grip "dit sal die dag wees as hulle my 'n fokken knuppel in die hand stop. Ek is niemand se sitting duck nie.

" En dis hoekom hy nou teen 160 kilometer per uur, met 'n generiese cola drankie in die hand, op pad is Kaapstad toe. Daar waar die somers warm is, die chicks mooi, en waar hulle nie altyd jou references uitcheck nie. As bydraende redes vir sy vinnige vertrek maak Sakkie homself wys dat dit hom eintlik sommer 'n kans gee om weg te kom van Monique, en (miskien meer belangrik), van Costa - die local bookie.

Monique is Sakkie se (ex) girlfriend. Hy beskryf haar as crazy en fucked-up, maar sy word gereeld deur vriende en vreemdelinge as beide "hot" en "cool" beskryf. Haar foto het al in die Sarie verskyn: Sy is nice.

Sakkie skuld vir Costa R15000: 'nuff said.

Met die oorhandiging van sy tweede sarsie tolgeld (R22.50), kom daar 'n snaakse gevoel op in Sakkie se binneste. Toe hy oorskakel na vyfde, met die tolkompleks wat klein word in sy rear- view mirror, voel hy dat hy met die oorhandiging van die geld op ‘n simboliese wyse sy vryheid en absolute vergifnis gekoop het. Hy voel wedergebore…..skoon. Sy sondes is weggespoel. Settled in full. Sy skuldoffer is aanvaar (hy het ‘n kwitansie as bewys), en hy voel daarom hy is geregtig om deur die poort te gaan, op pad na die beloofde land. ‘n Bargain teen R22.50!

Hy lag as hy dink aan 'n immage van die klerk by die tolhek in 'n priestersgewaad, en maak 'n mental note om die Katolieke Kerk te nader met die oog op 'n franchise vir drive-through confession booths.
"Jissis, ek moet dit meer gereeld doen. Nou voel ek befok!" dink Sakkie.

Naby Bloem stop hy by 'n Caltex om juice in te gooi en om iets te ete te kry. Nadat hy die pompjoggie R2 getip het trek hy die Bee-em voor die Wimpy. Hy klim uit en strek sy arms uit. "Moera hoera, hoe de hel kan die ouens hier werk?" Dis warm. Die wind waai. Dis kak. Sakkie wil-wil net in sy ballas krap, maar sien dan die girl in die kar langsaan kyk vir hom, en daarom verander sy hand blitsig van rigting en hy gee 'n suave waaitjie in haar rigting wat kulmineer in ‘n flick van sy kuif. Die girl waai nie terug nie. Hy glimlag vir haar en stap doodluiters die Wimpy binne.

"Heeeeeyy squeeza……maak myne 'n double cheese burger met ekstra uie asseblief…..maar los tog die gherkins, ek dink ek is alergies vir die goed". Margaret lag verleë en vra of hy 'n koeldrank en chips saam met die burger soek.

Met sy change probeer Sakkie 'n beertjie vang uit een van die masjiene. Hy laat telkens die hyskraantjie doodakuraat val, maar die ding se kloue het nie genoeg veerkrag om die speelding op te tel nie. "Jissiiiis" dink Sakkie. Sy nommer word geroep, en hy draf nader om sy order op te tel. "Daaaaaankie" lag hy terwyl hy R2 op die counter neersit as 'n tip.

Met sy tweede hap proe hy die gherkin. "JISSIS!" dink Sakkie.
Hy voel skielik sommer die moer in omdat hy die girl getip het. Hy trek van die pad af, vou die burger oop en probeer die "twee!!" gherkins die veld in te slinger. Hulle plak aan sy vinger vas en kom te lande teen die binnekantste deurpaneel. " Ag jissis…." sis Sakkie.

Toe sy naarheid oor is vat hy weer die pad.

By ‘n motorhawe in Colesberg stop hy vir ‘n vinnige toilet break. Verder op in die straat, op die stoep van die drankwinkel, sien hy twee laaities wat geesdriftig draad windpompe smous aan al wat ‘n verbyganger is. Sakkie staan nader, kyk na die ware, en gee dan vir elkeen van die jong besigheidsmanne R2 "vir sweets".

Hulle sales pitch is impressive, maar Sakkie hou voet by stuk. "Nee dankie, ek het nie plek vir plaasimplemente in my kar nie," lag hy voor hy by die drankwinkel instap.

In die venster van die bottelstoor sien hy 'n advertensie wat 'n “uiters skoon en rustige” gastehuis adverteer. Hy besluit sommer daar en dan om die aand oor te slaap.

Na hy ingeboek het, stap hy oor swembad toe om die laaste bietjie sonskyn te geniet. Hy het 'n sixpack bier in die hand, en hy dra die Quicksilver swembroek wat Monique aan hom vir kersfees gegee het. "Jaaaaaa fok," sug hy terwyl hy op een van die swembadstoele neersak.

Hy loer deur die Spiderman comic wat hy vroeër onder sy Bee-em se seat gekry het toe hy sy nine mil daar gestash het vir die aand. Spiderman is Sakkie se hero. Hy hou ook van Superman, maar glo dat die man van staal bietjie te far fetched is om geloofwaardig te wees. Al die Kryptonite en x-ray vision en kak maak vir hom geen sin nie.

Toe Sakkie twee ure later opstaan, val hy sy moer suur oor die tafeltjie langs die swembadstoel. Binne ‘n oogwink is hy op, en kyk met ‘n frons rond of iemand hom gesien het. Hoeveelheid toeskouers: Nul - dus is Sakkie se trots steeds in plek toe hy sy kamerdeur oopsluit. Hy raak dadelik die bliksem in toe hy sien sy board shorts is geskeur. “Jissiiiiisssss”, dink Sakkie.

Sakkie ry Kaapstad binne, en draai sy ruit af om die see te probeer ruik. “Yes, yes……..welcome to Cape Town,” lag Sakkie terwyl hy die radio harder sit. Hy trek in voor die St. Elmo’s, maar besluit dan om te loop na die burgerplek so ‘n blok af in die straat. Sakkie trust nie Italianers nie, want hy dink (verkeerdelik)) sy bookie kom van Sicily. Costa is ‘n tweede generasie Suid Afrikaanse Libanees, met een derde Griekse bloed – maar dis ‘n ander storie. Sakkie gee R2 aan die dronk bergie wat die parkeerplek (wat hy lankal gesien het) aan hom uitwys. “Ek shal mooi na hom kjyk meneer.” ”Yeah right my ou,” dink Sakkie.

Ou Sakkie wals in by die Burger Palace, en roep speels na die girl agter die toonbank. “Dagsê, dagsê………hoe lyk dit met ‘n dubbel cheeseburger en ekstra uie asseblief. En moet tog asseblief nie enige gherkins opsit nie, my gestel sal dit nooit hou nie.” Die girl se naam is met swart letraset op haar badge geskryf. Die badge sê: “Hallo, my naam is ”MICHELLE enService with a Smile in kleiner druk daaronder.

Met sy change speel Sakkie die pinball in die hoek. Die masjien sluk sy eerste coin. (Die eienaar het dit spesiaal so gestel). “Jirrrrrreeeee…….” sug Sakkie.

Sy tweede coin doen die ding, en aanstons is hy verdiep in ‘n hectic game pinball. Hy dans voor die masjien soos Chubby Checker op speed, want hy is ‘n ou spykertafel erfare speleren hy vergeet amper van sy order. Die girl kom sit sy burger langs hom op die tafel neer, met ‘n vriendelike glimlag. ”Hey hey hey, service with a smile, ek like dit…dankie!”

Sakkie is op die punt om ‘n multiball te slaan, en mens kan hom dus nie kwalik neem dat hy dink sy luck is besig om te change nie. Tussen ball 2 en ball 3 gaan sit hy by die tafel.
Hy vou die burger uit die waspapier wrapper.
Hy vat ‘n hap van die burger.
Dadelik voel hy die naarheid in sy keel opstoot.
Hy sit die burger neer.
Hy maak die burger oop.
Hy sien twee slices gherkin daar lê - grotes.
“Jissssssssiisssssss…….” dink Sakkie.
Hy staan rustig op.
Hy voel met sy hand na sy holster, en trek doodluiters sy nine mil uit.

“EK! EETNIE! FOKKEN! GHERKINS! NIE!” skree Sakkie, terwyl MICHELLE se breins teen die pryslys spat. “Jisssisssss!!!!!!!!!……….”, dink Sakkie, terwyl hy by die Burger Palace uitloop, presies een punt vyf sekondes voor hy op onverklaarbare wyse op ‘n somersdag deur die weerlig doodgeslaan word in ‘n winterreënvalstreek aan die suidpunt van Afrika.

© MEANWHILE

To the top | Previous Page | Next Page