Home | Site Index | Contact | About | Legal | Links

Meanwhile # 1 | October 2003
Cover | Index | Edit Note | Articles | Illustrations

Previous Page | Next Page

HOEKOM DAN KIEKIES??

Met die aankoop van my eerste kamara in 1998 het my belangstelling in fotografie ontwikkel vanaf ‘n blote fasinasie na ‘n begeerte om suksesvolle komposisionele oplossings in die mees ordinêre van onderwerpe te vind.

Mensgemaakte strukture (Journey to a photograph part 1 / Structure) afgeets teen die gloeiende lug, interissante teksture, gevorm deur repitisie, en magtige lugtonele produseer oneindige komposisionele moontlikhede. Die term ‘trigger-happy’ kry nuwe betekenis. In die spesifieke uitstalling lê die klem op die estetiese, die aantreklike landskap met vorm en struktuur wat ‘n groot rol speel.

Verdere eksperimentasie met landskaps-fotografie word gedoen deur ‘n reeks fotos wat bymekaar aansluit om een landskap voor te stel (tiling). Hierdie tegniek kan baie effektief wees deur die gevoel van persoonlike teenwoordigheid wat geskep word en die kyker kry ‘n beter idee van hoekom die spesifieke scenario ‘n indruk op die fotograaf gemaak het. Die perspektief van die individuele fotos skep interessante lyne en vorms. Meeste van die fotos is met ‘n wye lens geneem, en dit veroorsaak dan dat die perspektief lyne van byvoorbeeld strukture nie ooreenstem nie, ‘n gevoel van onwerklikheid word hier ontwikkel. Dit sluit dan ook aan by die volgende artikel oor struktuur in die landskap.

Henk Esterhuizen

© MEANWHILE

To the top | Previous Page | Next Page