Home | Site Index | Contact | About | Legal | Links | Discussions

Meanwhile # 2 | April 2004
Cover | Index | Edit Note | Articles | Illustrations

Previous Page | Next Page
...........................................................................................................................................

"Goeiemiddag"- gooi Herman in die rigting van die lang-haar knaap agter die toonbank terwyl sy oë onkeerbaar flits na die boonste tydskrifrak waar hy vir die voorblad van die nuwe Scope soek. Hy sien dit nie. Sarie is daar, en Huisgenoot, en Cosmopolitan, en selfs daai nuwe tydskrif Meanwhile, maar geen Scope nie. Vies stap hy na die toonbank toe want nou moet hy daarvoor vra. Dit laat hom altyd voel of hy sondig as hy die woorde hardop moet sê; "Scope", "joint", "Durex", "blowjob". Daar is geen twyfel daaraan dat sy N.G. opvoeding hom erg strem nie. As 'n jong laaitie was hy geinteresseerd genoeg in Jesus en sy makkers, hy het gehou van die idee dat sy hartjie witter as sneeu gewas kan word. Hy het ook daarvan gehou om te sing. Maar, toe hy nog besig was om die aas te sluk het God te hard gekap met die gevolg dat hy verstik het en die aas uitgespoeg het. Op pad uit het die hoek sy lip geskeur, wat dit nou moelik maak om daaroor te praat. So, moenie vra nie.

Hy word ek. "Camel Filters asseblief, o ja, en die nuwe Scope as julle het" Al rook ek nie Camel Filter as 'n gewoonte nie, koop ek dit altyd saam met pornografie, want ek reken mense dink nie oor die algemeen Camel rokers is draadtrekkers nie. "Hier's jou skywe, ons hou nie meer die Scope of enige soortgelyke tydskrifte aan nie. Sal dit al wees?" Sal dit al wees? Dit sal beslis nie al wees nie! Dit is maar net die kersie op vandag se koek, gebak uit suiwer stront. "Het julle nou morele beswaar teen die verkoop van die Scope , of wat?"- vra ek vererg.

"Nee, dit verkoop nie, jy is al kliënt wat daarvoor vra. Hoekom probeer jy nie Penthouse of Hustler nie? Die girls is beter maar dit is duurder."

Nou dink hy ek is 'n cheap-skate!

"Ek hou van die stories in die Scope!" "Ek hou van jou storie!"- se hy terwyl hy die kasregister slaan.

Ek dog ek bliksem hom! Die vermetelheid om my 'n leunaar te noem as ek my bes probeer om nie naam weg te gooi nie.Ek beteul myself en haal my aggressie uit op 'n leë Coke blikkie wat by die deur lê. Ek skop dit so hard as wat ek kan en volg die trajeksie met toenemende plesier, wat kort voor fyndraai in totaal onverwagse hel verander! Ek sien dit in slow motion: Die blikkie is reguit oppad na die sigaret tussen die bruin vingers van 'n wit ou wat in sy wit Landcruiser sit terwyl die joggie volmaak. Die sigaret verdyn aan die binne kant van die deur, 'n slegte teken, kortliks gevolg deur die kop van die man. Die deur bars oop en hy vee verwoed met sy hand na buite. Die stompie vlieg uit en land in 'n olievlek in 'n reën van vonke. Nou is daar kak! My oupa se raad van "Attack is you best defence" skiet deur my gedagtes en ek spring na die naaste emmer sand met "FIRE" op geskryf. Ek sprei dit oor die grond en die kaal voet van die man wat reeds uitklim. "Wat dink jy doen jy my ou? Jy is in 'n petrol stasie, dis NO SMOKING! Jy sal ons almal na Kingdom-come blaas". Ek sit die emmer stadig neer en gewaar die joggie wat met groot oë om die beurt na my, die wit ou, en die se voete in die sand kyk. Besef bloei op sy gesig en jy kan sien hoe hy sy opsies blits-vinnig oorweeg. Kies hy my kant is sy tip iets van die verlede. Deel hy die wit ou se verbasing word ek verseker hier gedonner. Lukas (sy naam op sy SHELL uniform) kyk na my en se:" Thank you sir". Hy draai na die wit ou en se vinnig:"Jammer meneer, ek het vergeet om vir jou te sê dis NO SMOKING. Ek kry gou 'n besem vir die sand." Ek begin wegloop asof niks gebeur het nie. Gered deur die joggie. Uit die hoek van my oog sien ek die lang-haar knaap in die winkel, dik van die lag.

Thomas

© MEANWHILE

To the top | Previous Page | Next Page