Dit is 'n bloedinge warm Saterdag en die elektrisiteit kan al in die lang tou motors oppad lughawe toe aangevoel word. Duidelik vind daar maar min so 'n groot gebeurtenis in die deel van die wêreld plaas, dit lyk letterlik of elke opstal vandag sonder 'n baas of werkers sit.

"Motorsport is dangerous" lees die Britse weergawe van dieselfde uithangborde wat by die HOTROD byeenkoms opgemerk is. Daar kan dan seker aanvaar word dat dié frase die algemene internasionale waarskuwing is om toeskouer-veiligheid te verseker. Voorsorgmaatreëls uit die weg geruim kan die aandag verskuif word na die aksie op die vliegveld.

Die dag begin met twee oranje motorfietse wat teen 'n gevaarlike versnelling die kwart myl afstand aflê. Soos die dag warmer word blyk dit dat dié twee motorfietse min of meer die vinnigste tyd van al die tweewiel vuurpyle opgestel het. Latere ondersoek toon dat hulle die "Day Racing Kawasaki Dragster" span verteenwoordig, waarvan die span die drie eerste plekke in die drie Nasionale klasse beman.

Frans Engelbrect (21) seker die suksesvolste van die "Day Racing" span neem in die SBS klas (enige iets, enige grootte, twee wiele) deel. Hy het in 2003 derde gekom in die World Finals in Gainsville, Florida, VSA, met 'n tyd van 7.66 sekondes oor 'n kwart myl. Hy is ook die eerste Suid Afrikaner wat dié afstand in 7 sekondes kon aflê met 'n topspoed van 312 km/h, en hou ook die Suid Afrikaanse landspoed rekord vir 'n motorfiets, 308km/h, wat sy gemiddelde spoed is oor een kilometer. Sy broer Dillon Engelbrect (18) is nommer een in die S klas (motorfietse tot en met 1000cc), en Juan Burger (18) is nommer een in die SB klas (1000cc +).

Henk Esterhuizen

HOTROD vs Dragster