Of so sê hulle, maar lately begin ek wonder.

Luister bietjie as buddies groet: "Hey Ballas, hoe lykit?" of "What's up?" of even net "Yes!".Die standard reply is dan iets in die lyn van "Goed-self?" of "Cool en groovy?" of even weer 'n "Yes!" Jy weet? Dood normaal. Jy vra nie uit na die welvaard van sy ereksie nie. Jy gee ook nie 'n fok om nie! Jy open basies net die grond vir gesprek.

Nou eers kan jy dinge vra soos: "Wat's nuus?" en dan begin die gesprek normaalweg vloei. As dit rêrig 'n goeie buddie is kan jy even uitvra na sy welstand en dit bedoel: "Hoe voel daai hemroids? Issit al beter?".

But I digress. Ons het gepraat oor die wyses waarop mense groet. En almal groet nie soos bo beskryf nie. Daar's altyd daai sot wat jou in die negatief beantwoord as jy howzit sê. Soos as jy vir die tannie wat by die local Spar tilslaan sê: "Middag, hoe gaanit?" ... en sy dan teruggooi: "Ag, dit help nie om te kla nie." En dan met 'n sug byvoeg: "Niemand luister in elk geval nie." Of 'n ander favourite van die Martie-brigade: "Ons gan ma aan, jong. Jy weet mos hoe dit is?" Of "Arm maar gesond." Dìe juweeltjie kom gewoonlik van 'n obese blanke Afrikaner man terwyl hy uit sy splinternuwe metallic-champagne-coloured BMW 3-reeks klim en met sy Raymond Weil arm die sweet van sy voorkop afvee.

What the fuck?! Hoekom die swaermoedigheid? Gaan dit rêrig so kak? Ek het persoonlik 'n kleintjie dood aan vakansie huise. OK nie die huise nie, maar wel die huise se name. Dubbel verdieping huise op die strand met 'n view oor die see, DSTV en aircon. Mansions wat vir twee of drie weke per jaar gebruik word en so nou en dan uitverhuur word. Maar kyk net bietjie na die name: "Broekskeur". Of "Swaerverdiend". 'n Naam wat landswye treffer is: "Mara". Dan's daar "Net-net", "Sukkel-sukkel" en "Oor-die-brug" Die voorbeelde is legio. Hoekom doen ons dit aan ons self? Ons kry darem wragtig nie so swaar nie.

So die verhoging was dalk nie waarop jy ge-bargain het nie of jy trou (fok, daar's 'n groot uitgawe). Maar dis nie swaerkry nie. 'n 12-jarige meisie wat saam met haar ma en 85 ander vrouens in 'n konsentrasie kamp in Yoguslavië aangehou word om daagliks verskeie kere deur Serbiërs verkrag te word...dit is swaerkry. Christopher Reeve het nou wel al die geld in die wêreld gehad, but life dealt him a raw deal. Met al sy gadgets en tegnologie kon hy nog steeds nie soos ek en jy 'n pis vang of die remote optel om te check wat's op tv nie. Dis heavy!

OK, ons almal ken iemand wat ge-hijack, beroof of verkrag is. Of erger nog - dit het met jou gebeur. Plaasmoorde is hectic en ten spyte van 2004 se rekord verkope is karre nog steeds pisduur in Suid-Afrika. Maar tog het ons 'n goeie sin vir humor. Dit vat gewoonlk nie lank voor die eerste jokes na 'n ramp die rondtes begin doen nie. Miskien is dit ons manier van cope.

Soos om af te slack by 'n kar ongeluk op die snelweg. Jy moet die gory detail probeer sien om oor te vertel. Dis universeel. Dis 'n manier van cope. Asof die lewe nie hel genoeg is nie het ons hierdie makabere belangstelling in sielswaer programme wat ellende uitstraal...soos Koöperasie Stories. Wie ken nie vir Genis, Tant Mietie en Veldsman nie. Of erger nog, Tant Stienie en Skollie! Ons het hulle wel en weë week vir week getrou gevolg. Dis karakters wat met al hul smart en ellende diep in ons harte gekruip het. Ons het verslaaf geraak aan hulle doen en late. Ons het saam met hulle gelag en gehuil.

Kalil Gibran skryf in Die Profeet dat smart en vreugde twee kante van dieselfde muntstuk is. Gaan kyk maar mooi: jou diepste pyn spruit voort uit jou diepste vreugde. En ek dink dis hoekom ons is wat ons is. Ons volkie is miskien jonk in vergelyking met die res van die wêreld. Maar ons het die wa al deur diep driwwe gesleep. Ons het dit nie altyd maklik gehad nie. En dis wat ons gemaak het wat ons vandag is.

So, is ons plesierig? Ek reken so. Ons het miskien 'n warped sin vir humor en hou daarvan om ons self jammer te kry. Ons lag vir silly stuff en maak grappe oor ander mense se leed. Maar dis ons manier van dinge doen.

Afrikaners is plesierig!

Charles Maré