Home | Site Index | Contact | About | Legal | Links | Discussions


Meanwhile # 4 | August 2006

Cover | Index | Edit Note | Articles | Illustrations

Previous Page | Next Page

Hy is ‘n tafghaai. Op skool het hy meisies ge-wedgie. Hy werk by ‘n Chinese take-aways. Kry gereeld akute spuitkak. Kos is verniet. Pay is oraait. Dat die geld gewas is pla hom nie. Laas week net 8 customers gehad (een van hulle met mooi tiete.) R12 000 wins getrek. Die owners is Triads. Jy fok nie met hulle nie. Watch it: die Chinas gaan nog die wêreld oorvat.

Hy is ‘n tafghaai. Op skool het hy op die hoof se lessenaar gekak. Gesê dit was nie hy nie. Gesê hy sal iemand bliksem wat so iets doen.

Hy het al 19 mense gepoes. Eenkeer sy eksmeisie omdat sy haar handsak verloor het. Sy bike se sleutel was daarin. Sy was in elk geval ‘n slet. Maak ogies vir daai laarnies met die etiquettes op hulle jockstraps terwyl hy vir haar ‘n double vodka&lime en ‘n white ball & cue organize.

“You can’t fool a thief” het hy gesê. “I stole your heart. Now you can have it back. Druk dit sommer in jou hol in op.”

Hy het nie meer daai bike nie. Die ding geprêng dat die voorwiel op die seat sit. Spaar nou vir ‘n souped-up Widowmaker. Restyled en professionally spraypainted by ‘n contact se buddy wat specialize in warm parte. Waar moet hy nou die geld kry vir die authentic labels? Fok hulle.

What goes round comes round anyway. Dis wat hy altyd sê.

Eenkeer ‘n ou met ‘n swartbelt in karate ook gepoes.

Eenkeer ‘n dronk hotnot wat iets oor sy ma gesê het.

Sy ma bly nou by sy Auntie op Kraaifontein. Hy was lanklaas daar. Sy wil elke keer geld hê. Fok die family-ties, dis net geld, geld, geld. Hy’s gatvol daarvoor. Hy’s sy eie man. Boonop is sy Auntie bietjie van ‘n nut-case. Haar man met ‘n skroewedraaier in die kop gesteek. In sy eie garage. Darem nie dood nie.

Oom Frans is nou ‘n Reborn op George. Deel Bybels by die Shoprite uit. Bel haar elke dag met stories oor Jesus wat hom vergewe het en daarom kan sy hom vergewe en daarom het hy haar vergewe en sulke kak.

Hy het nie tyd vir sulke kak nie. Sy een buddy was ‘n diaken by die kerk. Maar hy het by sy eie suster geslaap en dan daaroor gebrêg elke keer as hy dronk raak. Jissis! Hoe verduidelik jy dit? Fokken madness! “Madness are eating away the social fabric,” of so iets, het hy êrens gelees. Hy is nou nie rêrig ‘n man van sobere gewoontes nie, maar hy het die helderheid van die verstand.
Hy het Vision.

Hy gaan dit nog groot maak. Oorvat by daai Triads. Begin by Chang se dogter. Weet nog nie wat haar naam is nie (haar tiete is nog so bietjie aan die pap kant). Maar hy sal hulle gou-gou op-pomp.

Hy’s nogal goed in die bed. So sê hulle. Daai prossie ook, op wie hy laasmaand se pay geblaas het. Dit was nou ‘n lekker honest to god fuck maar heeltemal te fokken duur. Hy het dit gelaaik dat sy nie soos ‘n one-track minded retard met ‘n limited vocabulary op ‘n asma aanval tekere gegaan het nie. Soos hulle doen in die bloufilms. Hy laaik dit fokkol. Dink hulle hy is vertraag of iets. “You can’t fool a thief, baby. You can’t fool a thief.” Hy sit altyd die klank af. Gebruik ‘n kous. En sy linker hand. Hy het êrens gelees ambidextrous mense is slimmer.

Jissus, maar hy kan nou doen met ‘n naai.

Dis jammer daai lekker los stukkie wat by die weeshuis werk is weg. Niemand kan hom sê waarheen nie. Dis dalk beter so. Dis nou nie ‘n item waarmee ‘n man wil parade nie. Maar sy’t lekker boudjies gehad. Boonop moet hy fokus op sy werk. Geld maak. En daar wees as Chang die boeke kom fix. Dalk bring hy weer sy dogter saam. Dis waar hy sal begin. Haar met die hand grootmaak. Syne maak. En dan sy pad inwerk boontoe. Bietjie vir bietjie. Voor daai Chinas hulle oë uitvee is hy Mister Triad.

Hy is nie verniet ‘n tafghaai nie.

Ruan Kemp