Home | Site Index | Contact | About | Legal | Links | Discussions

 

Selfportrait
Henk Esterhuizen

Editor | Designer | Photographer | Illustrator | Journalist

 

 


Selfportrait
Izak Steyn

Ass. Editor | Photographer | Journalist


 

Hey hey hey

Ek is gevra om myself voor te stel, so here goes. My naam is Mia en dit het al vir verskeie dinge gestaan in my lewe: Missing in Action, Made in Africa, Meisie is Anders. Baie mense het my al probeer label, ma’ geen label gaan met die res van my outfit nie.

Ek is al lank bedrywig met kreatiewe dinge in die Kaapse scene en is baie ge ëe rd om nou ‘n deel te word van Meanwhile. Skryf is my groot ding maar ek speel partykeer met verf. Die plaaslikke musiek industrie eet meeste van my naweeke op en ek moet gewoonlik Sondae my naam gaan soek iewers in ‘n hoekie by die Shack. Klere en op-dress is ook vir my verskriklik belangrik want ek glo as jy jou lewe soos ‘n sirkus benader, sal jy baie makliker met al die clowns cope.

Daar is ‘n paar van my p ê rels wat in hierdie uitgawe te sien kan word en ek hoop julle hou daarvan. My taal gebruik is ver van suiwer af and I do tend to slip into something more comfortable, depending on the situation.

Op die oomblik het ek ‘n ongesonde fasinasie met Texas en veral cowboys wat julle meskien sal agter kom. Dit het minder to doen met George Dubja en sy olie bolle as met vuil, skurwe kreature soos Sawyer in Lost (with which I also currently have an obsession.) As enige iemand vir my kan aanraai waar om sulke desperados op te spoor, laat asseblief vir die redaksie weet. Veral as hulle kan Afrikaans praat en ‘n plaas besit.

Geniet die uitgawe

Profile
Mia de Jager
Marketing | Photographer | Journalist