Home | Site Index | Contact | About | Legal | Links | Discussions

DO^NER, nou nie heeltemal seker wanneer die’ skrifsel we^reldkundig word nie, maar ek het so ‘n stink spesmaas iewers staan daar vanaand, soos blykbaar amper elke aand, ‘n paar manne bierbottel teen die bors en sing Delarey Delarey ensovoorts.

Ai, aaaaassefokkenblief Bra.
Die gedoente rondom Bok van Blerk se liedjie oor die Boere-oorlog verander my bui sommer maklik drie maal per dag.
Hel, die bohaai van weerskant laat my hare rys. Nes die regering my moer laat suur trek, is daar weer 'n paar torre van die anderkant wat 'n galbitter nasmaak aan die einste suur moet verskaf. En asof die opinies van weerskant nie erg genoeg is nie, is daar daai wysie.

Geskryf deur die manne wat jou die onsterflike poe”sie gelewer het van Se^ Net Ja, Uh Uh, Kom Dans Met My.

Kom ek verklaar sommer dadelik persoonlike belang.
My oupagrootjie was een van Delarey se manne. Die laastes om skietlustig te raak en die laastes wat wou ophou. As my oupagrootjie 'n paar so-so chord progressions geken het en kans gesien het om 'n bokskitaar aan die saal vas te maak, kon dit hy gewees het wat so sugtend teen die muur sit en sing.
Die bloed en modder op sy gesig sou natuurlik nie make-up gewees het nie.
Daarom krap dit as Bok so sy sing oor my oumagrootjie en haar tweeling in die Engelse se kampe begin sing. As sy nie rateltaai en vindingryk was nie, het hulle nooit die konsentrasiekamp oorleef nie. Dan was ek nie nou hier nie.
Dit maak hulle min of meer heilig vir my, vanuit feitlik enige perspektief op dees aarde.
Nou maak Bok van Blerk van hul afkak 'n flouerige ballade wat enige dronk do^ner op 'n Vrydagaand op Hatfield-plein kan memoriseer. En boonop gebruik om nostalgies te raak oor die stront was ek as kind in ‘n apartheidstaat moes vreet.
Die ou Suid-Afrikaanse vlag, iets waarteen Delarey en my oupagrootjie-hulle tot die bitter einde geveg het, word nou gebruik om hulle kwansuis te huldig. Hierdie nuwe geslag Boerseuns is so kariglik oor die geskiedenis ingelig dat hulle Delarey vereer met die vlag van sy teenstanders; dat hulle die swartmense verwens vir wat die Engelse aangevang het.
Nou ja, die regte Delarey is uiteraard 'n persoonlike geskiedkundige held en dis vir die uwe bitter jammer dat hulle nou op hom moes fokus.
Dan weer, ons geskiedenis het natuurlik nie baie Delareys nie.
Hoe sou dit nogal klink:
Kruger Kruger Kruger Kruger
Sal jy die Boere kom help emigreer?
soos die' ou maaifoedie inderdaad self gedoen het enkele jare na' hy die einste Delarey van lafhartigheid beskuldig het oor die’ nie so veglustig was .
Die jare tussen-in was natuurlik ook nie genadig op die' arme drelle van ons wat 'n "leier" so nodig het soos die res van ons voel oor tandepasta of rock 'n roll nie. As jy iemand gesoek het om die Boere te kom lei, waarnatoe sou hulle jou ook nogal lei?
O PW O PW O PW
Kan jy die Boere nog 'n nimmereindigende noodtoestand kom gee?
Of nog erger:
Marthinus Marthinus
Wys vir die Boere jou pinus jou pinus (hy is minister van Omgewingsake, vir daai bliksems met die vuil gedagtes).
Iiiiiiiiiiiin elk geval.
As ons dan nou so vuiste op die bors hou omdat ons Afrikaans is soos Delarey (daar’s ‘n bietjie Delarey in almal van julle, verklaar die sanger glo graag. Nogal optimisties, daarso, ou Bok, die generaal was van sobere gewoontes), dan's ek mos nou 'n veel groter kaas as die oorgrote meerderheid van julle ellendelinge, of hoe?

As ons afkoms ons dan nou iets besonders maak, kan ek darem wys na ‘n oupagrootjie wat die legendariese generaal gevolg het tot die bitter einde, terwyl die meeste van julle se grootjies hoefysters, koeksisters en Boeremusiek CDs aan die Kakies verkoop het.
Pretoria het twee jaar voor die einde van die oorlog gehensop, vir die’ van julle wat nou skielik so’ ‘n gesonde belangstelling in die geskiedenis toon. Dalk kan Bok die’ interessantheid volgende keer met iets laat rym?
Alles terwyl my oumagrootjie in die kamp geley ley ley ley het, soos daai geblowdryde bielies van Eden dit seker sou stel.
Trots op sy kultuur, is die amptelike verduideliking.
Jaaaaaaa, Boet.

Trots, helaas, is maar net die flipside van skaamte.
So hoe kan jy trots of skaam voel oor iets waaroor jy letterlik g'n beheer gehad nie, soos jou taal?
Ek is ewe min skaam daaroor as dat ek Afrikaans is as wat ek skaam is omdat ek links eet, ‘n haakneus het of omdat my pa 'n predikant is of, om die waarheid te se^, skaam of trots is daarop dat Ouagadougou die hoofstad is van Burkina Faso.
Dis nou maar die toevallighede wat op een of manier die pak kaarte uitmaak waarmee ek hierdie lewe moet speel.
En as ek dan nou poephol genoeg was om myself op daai verspotte trots/skaamte-glyskaal te wou meet oor die taal wat ek praat, sou ek trots wees op Elvis Bly Op Niekerkshoop van Zinkplaat.
Ewe onbeskaamd Afrikaans as die uwe. En g'n dronkgat op Hatfield-plein gaan die ou vlag begin waai as hy dit hoor nie.
Wonderlik. Rhinestone stewels is baie cooler.
En ek vermoed die oorle Generaal sou saamgestem het. Hy sou net gese^ het "banja" eerder as "baie". Hy sou ook bitter goed onthou het dat swartmense g'n konsentrasiekampe gebou het, wat sweerlik een of ander indruk moet maak selfs op die terminaal nostalgiese?

Woorde © Loius de Villiers
Illustrasie ©
Willie Knoetze